Sun Rays. Abstract Background. Vintage Style

laerskool fontainebleau

"waar elke kind `n wenner is"

word vandag nog `n fontie!

arrows

Kliek op die skakel om `n aanlyn inskrywing te voltooi

Blop SHape
Abstract Minimalist Dots Shapes
Blop SHape
Abstract Minimalist Dots Shapes
School Books Apple Pencil

ONS FONTIES

AKADEMIE

KULTUUR

Happy children's day card design 3
Teacher School Supplies Split Monogram
Silhouettes of athletes of different sports.Horizontal banner for sports schools.Vector illustration.

FONTIES KLEUTERSKOOL

ONS SPAN MET HART

Cartoon Light Bulb

SPORT

school stickers skill development
Lined Chunky Cartoony Camera

LEERLINGRAAD 2024

UIT DIE KANTOOR

FOTO HOEKIE

Laerskool Fontainebleau is ‘n gemeenskapskool, gebou deur die gemeenskap vir die gemeenskap. ‘n Afrikaanse skool met ‘n ryk en kleurvolle geskiedenis wat in 1906 sy ontstaan gehad het. ‘n Plek vir families wie tot en met die vierde en vyfde generasie in dieselfde klaskamers sit, op dieselfde gange stap en voortbou op ‘n nalatingskap wat hul vir hul kinders en kleinkinders agterlaat.


Die Fontie-skoolgemeenskap is groot genoeg om ‘n persoonlike aanslag te behou, personeel, kinders en ouers ken mekaar almal. Die verhoudings wat hier gebou word hou ‘n leeftyd. Soos dit nog altyd hier by ons lui “Een keer ‘n Fontie, altyd ‘n Fontie.”



Laerskool Fontainebleau streef na uitnemendheid op akademiese gebied, waar ons Fonties hulself jaar na jaar in die top persentiel van akademiese prestasie by verskeie hoërskole reg oor die land bevind. Duidelik bereik deur hul werksetiek en deursettingsvermoë. Die kweek van ‘n liefde vir leer en ontdek is die hart van ons akademiese program. Leerders word ondersteun deur gemotiveerde, goed gekwalifiseerde personeel op ‘n wye spektrum van akademiese ontwikkeling.


‘n Fontie lewe die leuse van die skool uit met ‘n liefde vir leer, lewe en omgee. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Hierdie lig skyn oor elke Fontie waarookal hul voete hul neem.


‘n Skool waar geleenthede geskep word vir kinders om te ontwikkel in verskeie areas van die lewe. Die skool bied ‘n verskeidenheid buitemuurse sport en kulturele aktiwiteite waar kinders gemotiveer en aangemoedig word om op sosiale, emosionele en fisiese aspekte hul volle potensiaal te bereik.


Ouerbetrokkenheid by die skool is van kardinale belang vir ons as skool. Vennote in onderwys en opvoeding wat hande vat met die skool ten bate van die skool se kinders. Die skool word ondersteun deur ‘n kundige, bekwame Beheerliggaam en Ouer-Onderwyser-Vereniging waar elke ouer ook deel word van die Fontie familie.


‘n Laerskool wie alombekend is vir veelsydige kinders wie in die lig van die lewe stap.


Kevin Kinghorn

Kontak ons

Ons Adres

Telephone Glyph Icon

011 791 6160

Mail Envelope Illustration

Charlie Rd, Fontainebleau, Randburg, 2194